Tuis
Maatskappy Inligting
Beleggingsadvies
Risikobestuur
Eiendomswaardasies
Eiendomme
Finansiële advies
IT Dienste
Oranje Blog
Die Oranje Huis
Skakels
Kontak ons
   
 


Welkom by die webblad van Huis van Oranje Groep van Maatskappye.

Huis van Oranje het sy ontstaan gehad in 1995 en sederdien het hierdie groep van maatskappye 'n trotse geskiedenis opgebou onder die Afrikanervolk wie hierdie groep tot diens het.

Oor die afgelope 2 jaar het Huis van Oranje een van die mees dinamiese Finansiële Diensverskaffers geword wat vanuit Pretoria die Afrikanervolk reg oor Suid-Afrika tot diens is.

Die groep beleef ongekende groei en verskeie nuwe dienste is onlangs bekendgestel. Dit sluit onder andere in :

* Oranje Begrafnispolis
* IT Dienste
* Afslaersdienste
* Eiendomsverhurings

Behalwe vir die nuwe dienste, het Huis van Oranje ook baie nou betrokke geraak en baie maal die leiding geneem by volksorganisasies.  Die volgende volksorganisasies is of begin deur HvO, of het groot ondersteuning gekry van HvO :

* Oranjekas (Volkseie Koöperatiewe Bank)
* Oranje Sake Instituut (Instituut verteenwoordigend van verskeie Oranje sakekamers)
* Oranje Tuindienste (Tuindienste met NET volkseie arbeid)
* Pretoria Belastingbetalers Unie (Unie deur belastingbetalers wat druk op Pretoria stadsraad plaas)

Huis van Oranje poog om 'n verskil te maak vir die Afrikaner.  Ons leuse, WAAR U SAL TUIS VOEL, is meer as 'n leuse, dit is 'n belofte.  Met die hoflike diens en uitstekende produktereeks wat ons u bied, is ons belofte, dat u sal tuis voel en gemoedsrus sal beleef oor u finansiële behoeftes.

Kontak ons vandag nog vir 'n wye reeks finansiële dienste in hoflike Afrikaans.


Die uwe

Jan Beyers
Besturende Direkteur



                                                      BANK BY:

TROTSE LID VAN :