Risiko word gedefinieer as die moontlikheid
van 'n onverwagse uitkoms.
Risikobestuur is gevolglik die proses van
identifisering, meting en bestuur van onsekere gebeurtenisse. Die bepaling van
risiko behels ‘n paar stappe. Eerstens moet die verskillende risiko's
geïdentifiseer word. Daarna moet die impak van elke risiko in finansiële terme
gemeet word. Wanneer die risiko's gekwantifiseer is, moet daar besluit word hoe
dit bestuur gaan word. Aan die een kant kan die risiko aanvaar word en
dit kan dan dienooreenkomstig bestuur word en aan die anderkant, kan die risiko
gedeel of verplaas word deur middel van versekering.
Die gekwalifiseerde finansiele beplanners by
Huis van Oranje sal u behulpsaam wees om die risikos in u lewe te identifiseer,
‘n monitere waarde daaraan te koppel en om die risiko by ‘n versekeraar te
plaas.
Dit sluit in:
Ø Korttermynversekering
Ø Lewensversekering
Ø Boedelbeplanning