Tuis
Maatskappy Inligting
Risikobestuur
Finansiële advies
Rekeningkundige Dienste
Oranje Blog
Skakels
Kontak ons
   
 


HUIS VAN ORANJE IS 'N GEMAGTIGDE FINANSIëLE DIENSTEVERSKAFFER -
FSB no : 687

Wat is advies?

FAIS gee jou aanspraak op gepaste advies oor finansiële produkte. Dit moet gegrond wees op relevante feite, jou finansiële omstandighede en jou behoeftes. Die gehalte van die advies wat gegee word, is gegrond op die relevansie en omvang van die inligting wat jy as kliënt gee.

Ingevolge FAIS is advies enige aanbeveling, leiding of voorstel van ‘n finansiële aard aan enige kliënt of groep kliënte ten opsigte van:

*  Die aankoop van, of belegging in, ‘n finansiële produk; 
*  Die sluit van enige ander transaksie (insluitende ‘n lening of oordrag) met die doel om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar, of die verkryging van enige voordeel of reg in sodanige produk;
*  Die aanpassing van die terme en bepalings van ‘n finansiële produk; 
*  Die vervanging of beëindiging van sodanige produk; en
*  Die kansellasie van die verkryging van, of belegging in, sodanige produk.

Advies sluit die volgende uit:
*  Analisering van, of verslaglewering oor, ‘n finansiële produk sonder om enige voorstel te maak of leiding te verskaf; 
*  Beskrywing van die prosedure om ‘n transaksie te sluit in terme van ’n finansiële produk; 
*  Die beantwoording van roetine-vrae oor administratiewe kwessies;
*  Die beskrywing van ‘n finansiële produk; 
*  Objektiewe inligting oor ‘n finansiële produk; 
*  Vertoon en verspreiding van promosiemateriaal; en
*  Informasie verskaf deur die advies, bestuur of die trustees van ‘n fonds of skema ten opsigte van voordele wat lede geniet.

Wie mag advies gee?
Die volgende “geskikte en gepaste” persone of liggame mag finansiële advies gee:

*  ‘n GFD (byvoorbeeld Huis van Oranje)
*  Gemagtigde verteenwoordigers van ‘n GFD (byvoorbeeld Huis van Oranje se finansiële adviseurs en regskonsultante)

Huis van Oranje ondersteun ‘n strategie van gepaste advies, presies wat FAIS verskaf. Ons verbintenis tot gepaste advies is egter nie net om te voldoen aan wetgewing nie, maar ook danksy ons filosofie van goeie sakepraktyk.

Ons neem verantwoordelikheid vir die finansiële advies en dienste deur ons adviseurs wat aan jou gelewer word. Ons adviseurs is bekwaam en opgelei daarvoor.

Wat beteken “geskik en gepas”?
Die uitdrukking “geskik en gepas” is ‘n kollektiewe term vir al die persoonlike kenmerke, akademiese kwalifikasies, ervaring en operasionele vermoë wat alle verskaffers van finansiële dienste (VFD) oor moet beskik om finansiële dienste te mag lewer.